Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
UNCEDO
Hierdie afdeling help jou om die Cape Gateway webwerf te gebruik. As jy daarna nog hulp nodig het, kan jy e-pos stuur aan: questions@capegateway.gov.za, of 0860 142 142 skakel.

TAAL

Cape Gateway is in Afrikaans, Engels en Xhosa (die drie amptelike tale van die Wes-Kaap) beskikbaar. Jy kan na 'n ander taal oorskakel deur op die taal van jou keuse boaan enigeen van die bladsye te kliek.

Illustration of where to click to view Cape Gateway in the language of your choice

Jy kan die webwerf in die taal van jou keuse verken, maar omdat alles nog nie in al drie tale vertaal is nie, kan jy dalk op die Xhosa webwerf op Afrikaanse en Engelse inhoud afkom.

As die inligting in 'n ander taal beskikbaar is, word dit aan die einde van die stuk aangedui.

Illustration of where to click to view the piece of content in a different available language

As jy dié inligting in 'n ander beskikbare taal wil lees, kliek op die skakel. Die webwerf (navigasie, ens.) sal in jou oorspronklik gekose taal bly. (As jy heeltemal na 'n ander taalweergawe van die webwerf wil oorskakel, gebruik die taalskakel boaan die linkerkant van die bladsy soos hierbo beskryf.)

BESIGTIGING VAN PDF-LÊERS

Gedeeltes van die inhoud op hierdie webwerf is in Adobe Acrobat PDF-lêerformaat.

Example of Adobe Acrobat PDF file format on Cape Gateway

Om hierdie lêers te besigtig, sal jy die gratis Adobe Acrobat Reader nodig hê. Dit kan deur middel van Adobe se webwerf afgelaai word. Nadat jy die leser afgelaai en geïnstalleer het, sal jy die lêers kan besigtig.

BESIGTIGING VAN MICROSOFT WORD LÊERS

Gedeeltes van die inhoud of hierdie webwerf is in Microsoft Word lêerformaat.

Example of Microsoft Word file format on Cape Gateway

As jy nie Microsoft Word gebruik nie, kan jy 'n gratis besigtiger vir hierdie lêers aflaai. Dit is op Microsoft se webwerf beskikbaar.
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 19 uNovemba 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo