Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
Verkeersboetes: Theewaterskloof-munisipaliteit
INKCAZELO:
Alle verkeersoortredings wat gepleeg is in Grabouw, Caledon/Middleton, Botrivier, Riviersonderend, Villiersdorp, Greyton en Genadendal word hanteer deur die Theewaterskloof-verkeersdepartement. Hulle hanteer ook spoedboetes op die N2 op sekere punte in die gebied.Oortredings in ander gebiede word hanteer deur die betrokke munisipaliteit se verkeersdepartement.
IMIYALELO:
  1. Waar kan ek uitvind of ek uitstaande verkeersboetes het?
  2. Waar kan ek my spoedkamerafoto sien?
  3. Hoe kan ek my verkeersboete betaal?
  4. Kan ek my verkeersboete elektronies betaal?

WAAR KAN EK UITVIND OF EK UITSTAANDE VERKEERSBOETES HET?

Jy kan:

  • Die Theewaterskloof-verkeersdepartement bel by 021 859 1555 (uitbr 11, 18 of 23)
  • E-pos stuur aangrabouw@ddsonline.co.za, of
  • Navraag doen by die departement op die hoek van Ryke- en Worchesterstraat, Grabouw.

WAAR KAN EK MY SPOEDKAMERAFOTO SIEN?

Spoedkamerafotos word gedruk op alle eerste en tweede kennisgewings wat die Theewaterskloof-verkeersdepartement uitstuur. Maak asseblief seker dat dit jou voertuig op die foto is.

Jy kan ook die spoedkamerafoto sien by die Theewaterskloof-verkeersdepartement in Rykestraat, Grabouw, of bel 021 859 1555 (uitbr 11, 18 of 23) om te vra dat 'n foto aan jou gestuur moet word.

HOE KAN EK MY VERKEERSBOETE BETAAL?

As jy betaal voor die sperdatum , kan jy jou verkeersboete betaal per tjek, kontant of posorder by die adres wat genoem word op jou verkeersboete.

  • Tjeks en posorders moet uitgemaak word aan die Theewaterskloof-munisipaliteit.
  • Betalings kan óf persoonlik gedoen word by die verkeersdepartement (kry die adres by Munisipale Verkeersdepartemente) óf gepos word aan Posbus 532, Grabouw, 7160.
  • Weens die vlakke van bedrog en diefstal in die Poskantoor, word aanbeveel dat kontantbetalings gedoen moet word by die verkeersdepartement.

Let asseblief daarop dat Theewaterskloof-verkeersboetesNIE betaal kan word by ENB OTM'me, per EasyPay, by polisiestasies of howe nie.

KAN EK MY VERKEERSBOETE ELEKTRONIES BETAAL?

Ja. Jy kan ook jou boete per elektroniese oordrag betaal aan:

Rekeninghouer: Theewaterskloof-munisipaliteit
Bank: ABSA
Taknommer: 632005
Rekeningnommer: 4059155676

Noem asseblief jou boeteverwysingsnommer op die oordrag en faks bewys van oordrag aan 021 859 5320.
IFUMANEKA KWI:
La mabakala amaziko:
IBONELELWA LISEBE:
ICANDELO LIKARHULUMENTE:
UMaspala Wengingqi yaseTheewaterskloof
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 27 uMatshi 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo