|
Onderwysbestuurs-en-ontwikkelingsentrums (OBOS'e) is in 2001 in die lewe geroep, en wel een per distrik in elk van die Wes-Kaap se sewe onderwysdistrikte, ten einde bestuur en ontwikkeling nader aan die skole te bring, en om die skole te help om meer toerekenbaar te word en beter in staat om hulself te bestuur. WAT DOEN OBOS'E? Die OBOS'e bied 'n reeks dienste aan skole, met inbegrip van die volgende: - kurrikulumontwikkeling
- gespesialiseerde ondersteuning vir leerders en opvoeders
- ondersteuning met betrekking tot bestuur en beheer.
Die sentrums bevorder ook die betrokkenheid van ouers by skoolbeheerliggame, en by projekte soos die Veiligeskole-projek. WAAR BEVIND DIE WES-KAAP SE OBOS'E HULLE? Die OBOS'e is tussen landelike en metropolitaanse (stedelike) sentrums verdeel. Die landelike sentrums is: - Weskus-Wynland (Paarl)
- Suid-Kaap-Karoo (George)
- Breërivier-Overberg (Worcester).
Die stedelike sentrums is: - Metropool-Noord
- Metropool-Sentraal (Mowbray)
- Metropool-Suid (Mitchells Plain)
- Metropool-Oos (Kuilsrivier).
|