Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Departement van Landbou help maak plaaskinders waterwys
31 October 2006
SOURCE: Department of Agriculture (Provincial Government of the Western Cape)
Noodhulptegnieke demonstrasie
Linda Els demonstreer noodhulptegnieke terwyl Minister Cobus Dowry toekyk
Die Wes-Kaapse Departement Landbou se subprogram verantwoordelik vir plaaswerkersake het onlangs 'n projek genaamd Water Wise van die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) befonds om plaaswerkerkinders in die gebiede van Worcester, Mosselbaai, die Kaapse Metropool en Knysna, bewus te maak van water en hulle op te lei in die veilige benutting van waterbronne.

"In hierdie wonderlike sonnige land van ons waar ons graag in die water wil baljaar, is dit tragies dat verdrinking die tweede hoogste rede vir sterfte as gevolg van beserings is," het Cobus Dowry, Wes-Kaapse Minister van Landbou, gesê tydens die bekendmaking van hierdie projek by die Brandvleidam buite Worcester. "Baie Suid- Afrikaanse jongmense en kinders word aan water aktiwiteite blootgestel sonder dat hulle weet van die potensiële gevare van water in die see, damme, riviere, mere en reservoirs. Die doel is om aan 5000 kinders praktiese ondervinding van CPR te gee."

Dit is veral by voorheen benadeelde en plaaswerkergemeenskappe waar die grootste risiko's voorkom en veral onder die ouderdomsgroepe van 1 tot 4 jaar en dan weer in die groep van 9 tot 14. Daar is feitlik elke dag insidente van verdrinkings of amperse verdrinkings.

Hierdie NSRI Water Wise projek bestaan uit 'n reeks werkwinkels wat daarop gemik is om kinders en jongmense op te voed om met verantwoordelikheid en kennis die waterbronne te kan geniet. Vaardighede sluit in kennis van veiligheidsmaatreëls in en naby water ten opsigte van getye seestrome, windrigtings en plaaslike omstandighede, wat om in 'n noodgeval te doen; wie om te kontak en aksies wat geneem moet word terwyl daar op hulp gewag word. Die werkswinkel leer jongmense die basiese beginsels van eerstehulp en die belangrikheid van die eerste paar minute wat krities is vir die pasiënt.

Charlene Nieuwoudt
Kommunikasiebestuurder
Wes-Kaapse Departement Landbou
Tel: 021 808 5008
Fax: 021 808 5000
www.elsenburg.com

 
NEWS ARCHIVE
2009:       JAN     
2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
The content on this page was last updated on 13 November 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo