Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Bemagtigings Projek in die Hex Vallei
8 November 2006
SOURCE: Department of Agriculture (Provincial Government of the Western Cape)
The initiaters of various Empowerment Projects in the HEXVALLEY would like you to come and experience the progress on LAND REFORM with the official handing over of the projects to the beneficiaries by the Minister for Agriculture in the Western Cape, Cobus Dowry

Date: Saturday 11 November 2006, starting at 09:00
De Doorns Wynhuis next to the N1

First stop: Hoogland Boerdery Touwsrivier- Koffie en tee
11:00 Osplaas Boerdery
Olyfkloof
Uitkoms Boerdery
Grape juice
11:30 De Doorns Saamwerkers
Sanddrif Nuwe Boere
12:00 Klipland en La Serene
12:30 De Hoop - Lunch

Hoogland

In 2003 het die eienaar, Pieter Naude van Denau Boerdery, die Denau Werkers Trust gestig wat bestaan uit 118 begunstigdes. In 2005 is 'n maatskappy gestig wat handel dryf as Hoogland Boerdery. Die maatskappy het die plaas Kleinstraat, geleë tussen De Doorns en Touwsrivier, by Denau Trust gekoop. Die twee trusts het elk 50% aandeel in die nuwe maatskappy. Daar is reeds 24 ha tafeldruiwe onder net gevestig en 'n verdere 14 ha is ook onder net ontwikkel. Die mikpunt is dat oor 4 jaar 'n totaal van 50 ha ontwikkel moet wees.

Osplaas

Die projek bestaan tans uit 8 ha tafeldruiwe van verskillende kultivars. Die eienaar is Osplaas Brd Edms Bpk en bestaan uit 36 aandeelhouers. Die eiendom sal sy water verkry uit die nuwe Osplaasdam aanvullingskema wat teen Junie 2007 voltooi sal wees. Intussen voorsien die Hexvallei Besproeiingsraad water aan die groep uit hul bestaande bronne. Gedurende 2005 is die eerste stokkies geplant en vanjaar is die plaas vergroot na 8 ha. 'n Verdere 4 ha is beskikbaar vir uitbreiding.

AM Thops Brd BK

André Thops is die alleeneienaar van die plaas Olyfkloof wat hy in 2004 gekoop het (42 ha). Die plaas het lank braak gelê nadat `n varkboerdery daar ten einde geloop het. André is reeds die afgelope vier jaar besig om olyfbome op groot skaal te kweek. Op Olyfkloof is hy tans besig met die vestiging van 6 ha olyfbome en 1 ha Colombar. Makadamia, Pekanneutbome en Jojoba struike is ook reeds geplant. Volgende jaar gaan die kwekery vergroot word om ook laventel, roosmaryn, hoodia en boegoe te kweek.

Uitkoms Boerdery

Die Uitkoms boerdery is in 2006 aangekoop deur twee kommersiële boere, Boetie Kriel en Theuns Rabie, met die uitsluitlike doel om `n 40% aandeel aan die Osplaas Brd beskikbaar te stel. Dit verseker ook onmiddellike toegang tot pakfasiliteite aan die Osplaas aandeelhouers. Daar sal uiteindelik 16 ha tafeldruiwe ontwikkel word waarvan 2 ha reeds in 2006 aangeplant is.

Sanddrif Nuwe Boere

Die projek bestaan uit 1.7 ha Colombar wyndruiwe. Die eienaar is die Sandrift Nuwe Boere BK en bestaan uit drie lede naamlik Andries Francies, Arrie de Bruin en Andrew Kidelo. Die eiendom sal sy water verkry uit die nuwe Osplaasdam aanvullingskema wat teen Junie 2007 voltooi sal wees. Intussen voorsien die Hexvallei Besproeiingsraad water aan die groep uit hul bestaande bronne. Die groep het gedurende 2006 hul eerste oes afgehaal van 6.52 ton.

De Doorns Saamwerkers

Die projek is in 2005 begin met 9 aandeelhouers wat bestaan uit die personeel van die De Doorns Wynkelder. 1.8 ha wyndruiwe (Colombar) is net lang die Wynkelder gevestig op nuwe onbewerkte grond. Die verwagting is dat die eerste oes in 2007 gelewer sal word.

Klipland Siyazama Brd en La Serene

Siyazama beteken "nuwe begin". Die projek is in Augustus 2006 aangepak deur 8 persone met Frans Hugo as mentor en behoort voor die einde van die jaar gefinaliseer te word. Op Klipland (23.9 ha) word met 6 kultivars uitvoerdruiwe geboer. Hulle beoog ook om later 6 ha wyndruiwe op oop grond te vestig. Die ander plaas, La Serene, word van die Breedevallei Munisipaliteit gehuur. Daar gaan 5.6 ha medisinale plante en later 9.6 ha wyndruiwe gevestig word.

De Hoop Vineyards

Mnr De Villiers Graaff het die plaas De Hoop in 2005 in die Hexvallei gekoop om `n sinvolle bemagtigingsprojek daar te stel vir die mense wat al jare lank in die Graaffs se diens staan. `n 60% aandeel is aan die 213 aandeelhouers verkoop. Die aandeelhouers is die werknemers van die plase De Hoop, The Pines, en Naudeshof van Mnr Graaff asook die plaas Zandhoek van Mnr A Reyneke, sy vennoot op The Pines. Die plaas bestaan uit 35 ha tafeldruiwe met 23 ha oop grond wat vir verdere ontwikkeling bestem is vanaf 2007. Die projek is reeds in volle gang met `n direksie wat maandeliks vergader en sake bestuur. Aandeelhouers ontvang gereeld opleiding rodom die projek.

Navrae:
Hex Valley Table Grape Association
Tel: 023 3562606 / 8
Fax: 023 3562607
Email: hexgrapes@mweb.co.za

Spokesperson
Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za


 
NEWS ARCHIVE
2009:       JAN     
2008:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2007:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2006:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2005:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2004:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
2003:       JAN      FEB      MAR      APR      MAY      JUN      JUL      AUG      SEP      OCT      NOV      DEC     
The content on this page was last updated on 9 November 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo