
Min Dowry en die leerders op die Junior LandCare program, Oudshoorn.
Hierdie kamp is deur Departement Landbou aangebied as deel van hul Junior LandCare program. Die doel van dié program is om die jeug meer bewus te maak van die uniekheid van hul spesifieke omgewing en om betrokke te raak by die bewarging van alle hulpbronne.
Leerders het eerstehands kennis gemaak met die biodiversiteit van die omgewing, plante en hul medisinale waardes en verskeie diere van die omgewing.