Ons boere en hul werkers is sagte teikens en daarom is dit is uiters belangrik dat die gemeenskap saam met die SAPS moet saamstaan teen ongeregtigheid en misdaad soos hierdie, wat die samelewing lamlê. Ek wil 'n beroep op die SAPS doen om hierdie lafaards wat hulle skuldig maak aan sulke oortredings op te spoor sodat die volle gang van die reg sy loop kan neem.
Namens die provinsiale regering dra ek graag meegevoel en simpatie oor aan mev Cathy de Jager en familie en breë gemeenskap.
Navrae : Alie van Jaarsveld - Woordvoerder
Ministerie van Landbou : Wes Kaap
Tel: 021 483 4930
Faks: 021 483 3890
Sel: 084 604 6701
Epos: avjaarsv@pgwc.gov.za
www.capegateway.gov.za