Die Premier en die Regering is baie bekommerd oor die ekonomiese gevolg van die droogte, asook die maatskaplike impak op die mense van die gebiede wat direk deur die drooge geraak word.
Op hierdie stadium word droogtehulp ten bedrae van R9 miljoen aan boere, in die vorm van veevoer, verskaf.
Na beraming sal ons 'n verdere R25 miljoen benodig om die droogte oor die korttermyn aan te spreek.
Oor die kort en mediumtermyn sal munisipaliteite boere bystaan met die aanry van water vir menslike sowel as dierlike gebruik in dič gebiede waar daar nie meer water beskikbaar is nie.
'n Taakspan bestaande uit die hoofde van die Departemente van Landbou, Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Maatskaplike Dienste, Plaaslike Regering en die Tesourie is saamgestel om so spoedig moontlik aanbevelings aan die Kabinet te doen oor die kort, medium en langtermyn oplossings oor die droogte situasie. Dr Piet van Rooyen, Departementshoof van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap sal as voorsitter optree.
Navrae: Alie van Jaarsveld 084 604 6701