DESCRIPTION: |
Alle verkeersoortredings wat gepleeg is in Grabouw, Caledon/Middleton, Botrivier, Riviersonderend, Villiersdorp, Greyton en Genadendal word hanteer deur die Theewaterskloof-verkeersdepartement. Hulle hanteer ook spoedboetes op die N2 op sekere punte in die gebied.Oortredings in ander gebiede word hanteer deur die betrokke munisipaliteit se verkeersdepartement. |
INSTRUCTIONS: |
WAAR KAN EK UITVIND OF EK UITSTAANDE VERKEERSBOETES HET? Jy kan:
WAAR KAN EK MY SPOEDKAMERAFOTO SIEN? Spoedkamerafotos word gedruk op alle eerste en tweede kennisgewings wat die Theewaterskloof-verkeersdepartement uitstuur. Maak asseblief seker dat dit jou voertuig op die foto is. Jy kan ook die spoedkamerafoto sien by die Theewaterskloof-verkeersdepartement in Rykestraat, Grabouw, of bel 021 859 1555 (uitbr 11, 18 of 23) om te vra dat 'n foto aan jou gestuur moet word. HOE KAN EK MY VERKEERSBOETE BETAAL? As jy betaal voor die sperdatum , kan jy jou verkeersboete betaal per tjek, kontant of posorder by die adres wat genoem word op jou verkeersboete.
Let asseblief daarop dat Theewaterskloof-verkeersboetesNIE betaal kan word by ENB OTM'me, per EasyPay, by polisiestasies of howe nie. KAN EK MY VERKEERSBOETE ELEKTRONIES BETAAL? Ja. Jy kan ook jou boete per elektroniese oordrag betaal aan: Rekeninghouer: Theewaterskloof-munisipaliteit |
PROVIDED AT: |
These facility categories: |
|
GOVERNMENT BODY:
|
Theewaterskloof Local Municipality |