Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN BINNELANDSE SAKE: OORSIG

Die doel van die Departement van Binnelandse Sake is om die belange van die inwoners van Suid-Afrika ten opsigte van hulle individuele status, identiteit en spesifieke regte en magte te beskerm en te reguleer. Die Departement reik uit en beheer die meeste dokumente wat burgers benodig, soos geboortesertifikate, ID's, paspoorte en huweliksertifikate.

Die Departement bied 'n verskeidenheid dienste aan die burgers van Suid-Afrika, sowel as aan buitelanders wat die land wil besoek of hier wil bly. Van hierdie dienste sluit in:

  • identiteitsdokumente
  • reisdokumente
  • burgerskap
  • geboorteregistrasie en -sertifikate
  • aannemingsverslae
  • huweliksregistrasie en -sertifikate
  • doodregistrasie en -sertifikate
  • wysigings aan die bevolkingsregister
  • visas
  • tydelike verblyfpermitte
  • permanente verblyf (immigrasie)
  • vlugteling- en asielaansoeke


WEBTUISTE: www.home-affairs.gov.za/
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Augustus 2008 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo