Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN TOERISME: OORSIG

Die doel van die Departement van Omgewingsake en Toerisme is om op die volgende wyses omgewingsbestuur en toerisme vir volhoubare ontwikkeling vir almal te lei:

  • bevorder die volhoubare ontwikkeling, benutting en beskerming van ons natuurlike en kulturele bronne
  • vestig verantwoordelike toerisme wat die volhoubaarheid van die omgewing verseker en bydra tot werkverskaffing en 'n beter lewensgehalte
  • benut die vaardighede, ervaring en kennis van die omgewing van alle Suid-Afrikaners
  • verseker regverdige toegang tot alle voordele afkomstig van ons natuurlike en kulturele bronne
  • bemagtig die Suid-Afrikaanse publiek, gemeenskappe en organisasies deur deelname, omgewingsopvoeding, vermoëbou, navorsing en inligtingsdienste
  • werk saam met alle betrokke belanghebbendes en regeringsfere in die gees van goeie staatsbestuur
  • verseker dat internasionale deelname en alle verpligtinge onderneem word binne die konteks van Suid-Afrika se omgewingsbeleid en -beginsels

Die Departement se aktiwiteite word ontwikkel en uitgevoer deur die vyf departementele takke:

  • Omgewingsbestuur
  • Mariene- and Kusbestuur
  • Toerisme
  • Biodiversiteit en Bewaring
  • Korporatiewe Sake

Van die programme en projekte waarby die Departement tans betrokke is, is die:


WEBTUISTE: www.environment.gov.za
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Maart 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo