Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
BELEID
Die Regering volg 'n voorkeurverkrygingsbeleid. Dit beteken dat die Regering ander faktore buiten prys in ag neem wanneer 'n tender toegeken word. Hierdie faktore word volgens 'n punteformule bereken. Indien u voordeel uit voorkeurpunte wil trek, moet die tersaaklike vorms ingevul word.

Die Wet op die Nasionale Voorkeur-aanskaffingsbeleid omskryf die algemene riglyne wat gevolg moet word wanneer 'n voorkeurbeleid opgestel word. In die Wes-Kaap volg Provinsiale regeringsliggame wat nie 'n voorkeur-aanskaffingsbeleid ontwikkel het nie, die Wes-Kaapse Voorkeur-aanskaffingsbeleid.

Die Wet op Openbare Finansiële Bestuur sit die ander algemene reëls uiteen wat die regering moet volg met die uitreik van tenders, en moet gelees word saam met die regulasies.

NASIONAAL

    Op nasionale vlak sluit voorkeurfaktore die volgende in:

  • die plaaslike vervaardiging van goedere
  • gelyke eienaarskap deur individue wat voorheen benadeel is
  • gelyke eienaarskap deur vroue

PROVINSIAAL

Die punteformule word in WCBD 6.1 beskryf, wat ingevul moet word. (Sien Hoe word tenders toegeken.)

Vir tenders onder R500 000, word 'n "80/20"-puntestelsel gebruik. (Dit beteken dat tenders 80% op prys en 20% op punte beoordeel word vir faktore soos histories benadeelde status, eienaarskap deur vroue, ens.) Vir tenders bo R500 000, word 'n "90/10"-stelsel gebruik.

Nie al die voorkeurfaktore sal op elke tender van toepassing wees nie. Die tenderdokumente moet aandui watter voorkeurfaktore op jou tender van toepassing is. Hierdie faktore, en hul "WCBD"-vorms, is:

  • Gelyke eienaarskap deur histories benadeelde individue, vroue en gestremdes: WCBD 6.1 (alle botte) of WCBD 6.2 (verkope en verhuring van bates).
  • Klein sake: WCBD 6.3
  • Daadwerklike betrokkenheid by gemeenskap: WCBD 6.7
  • Plaaslik vervaardigde produkte: WCBD 6.4
  • Toepassing van maatreëls om vaardighede van werkers te standaardiseer: WCBD 6.5
  • Ontwikkeling van menslike hulpbronne van personeel: WCBD 6.6
  • Ondernemings in die Wes-Kaap geleë, vir werk in daardie provinsie: WCBD 6.9
  • Ondernemings in 'n gebied geleë vir werk wat in daardie gebied verrig moet word: WCBD 6.10
  • Ondernemings in 'n munisipaliteit geleë vir werk wat in daardie munisipaliteit verrig moet word: WCBD 6.11

Faktore wat pas ingestel is:

  • Uitvoergerigte produksie om werk te skep: WCBD 6.8
  • Ondernemings wat in landelike gebiede geleë is: WCBD 6.12

PLAASLIK
Die Stad Kaapstad se Verkrygingsbeleid ishier.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 31 Januarie 2005 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo