Minister Tasneem Essop sal die geleentheid open aangesien dit deel uitmaak van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning se program vir Vrouemaand. Hiermee word beoog om vroue met vaardighede toe te rus wat hulle nie net daagliks kan gebruik nie, maar ook om kleinsakeondernemings te begin.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Botaniese Instituut sal deelnemers leer hoe om die meeste uit die grond te kry. Die Departement sal die projekte wat hulle van stapel gaan stuur om vroue te bemagtig, bespreek. Die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad se metro-eenheid sal die verskillende soorte plante wat 'n verskil teweeg kan bring in mense se daaglikse lewe, bekendstel. Daarbenewens sal vroue van Vusithemba (laat hoop ontstaan) met kettingsae demonstreer hoe hulle indringerplante uitroei en hoe hulle bloekombome gebruik om ontspanningsparkgeriewe vir hul plaaslike gemeenskappe te skep.
Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad se metro-eenheid en die Nasionale Botaniese Instituut bied gesamentlik die geleentheid aan.
Vir meer inligting tree in verbinding met Ruby Marks by 021 483 2765 of 084 423 1716 of e-pos rmarks@pgwc.gov.za