Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Verdagte Avian Influenza - Wes-Kaap op Gereedheidsgrondslag
5 Augustus 2004
BRON: Ministerie van Landbou (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Verklaring Deur Cobus Dowry, Minister Van Landbou in die Wes-Kaap

Daar is via die Nasionale Department van Landbou op 1 Augustus verneem dat drie volstruisplase in die Cradock- Somerset-Oos omgewing van die Oos-Kaap erge vrektes as gevolg van vermoedelike AI (Avian Influenza - Voëlgriep) ondervind het. Monsters is op versoek na die Wes-Kaap Veterinëre laboratorium gestuur wat dit voorlopig as die hoë patogene AI gediagnoseer het (wat grootskaalse vrektes in die Ooste veroorsaak het aan die begin van 2004). Die diagnose is nog nie bevestig nie. Aangesien die siekte 'n baie ernstige bedreiging inhou vir die uitvoere van volstruisvleis vanaf die Wes-Kaap volstruis uitvoer abattoirs, is die Oos-Kaap versoek om nie slagvoëls na die Wes-Kaap te stuur nie, totdat daar meer sekerheid is oor die besmetting.

Die EU sal ons uitvoerstatus ophef indien die siekte na die Wes-Kaap versprei. 'n Vergadering is Maandag 2 Augustus te Bisho tussen die NDA en die Oos-Kaap landbou gehou om die posisie te bespreek en is daar bevestig dat 'n verbod op die uitvoer van slagvoëls na die Wes-Kaap geplaas is.

Dit is ook so bevestig met die SAVBK (Volstruis Besigheidskamer) wat hulle produsente ingelig het. Die verbod sal heroorweeg word indien meer sekerheid oor die beheer vanaf die Oos-Kaap verkry is.

Daar sal teen die einde van hierdie week meer duidelikheid wees oor die tipe virus betrokke en die omvang van die uitbreking in die Wes-Kaap. Ons belangrikste prioriteit is om die Wes-Kaap se volstruis uitvoerbedryf te beskerm. Daarom is daar reeds met rampbestuur van die provinsie geskakel en sal hulle behulpsaam wees met padkontroles en bewegingsbeheer in die Karoo en Oudtshoorngebied.

Navrae: Alie van Jaarsveld
Tel: 021 483 4700
Sel: 084 604 6702
E-pos: avjaarsv@pgwc.gov.za
Dr Gideon Brückner
Sel:083 641 5163
 

This content also available in English
NUUSARGIEF
2009:       JAN     
2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Augustus 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo