As deel van die bemagtigingsprogram deur die departement van Landbou in die Wes-Kaap word 'n nuwe opleidingsentrum vir plaaswerkers en hulpbronarm boere Vrydagoggend 6 Augustus 2004 by die Augsburg Gimnasium op Clanwilliam geopen. Aangesien hierdie projek een van die "20 depositos" vir lewering binne die eerste 100 dae van die nuwe Wes-Kaapse regering val, sal die Premier, mnr Ebrahim Rasool, vergesel deur die Minister van Landbou, Cobus Dowry, die opening waarneem.
Datum: 6 August 2004
Tyd: 10:30
Plek: Augsburg Gimnasium, Clanwilliam
Navrae: Alie van Jaarsveld
Tel: 021 483 4700
Sel: 084 604 6701
E-pos: avjaarsv@pgwc.gov.za